COMMUNITY

Tobi Jooste is die Nasionale ambassadeur vir ACVV.

Sy geliefde ouma het 50 jaar aan die ACVV behoort en haar passie leef hy voort deur waar hy kom, die ACVV se belange op die hart te dra.

In 2009 het Tobi n landwye projek saam met ACVV en Leef Tydskrif aangepak. Mense moes ou klere na vertonings bring en dit is dan vir R10 en R20 stuk verkoop in die middel van die hoofstraat. Hiermee het hulle meer as R700 000 vir die organisasie ingesamel en meer as 100 000 mense van klere voorsien.

Tobi se doel met die ACVV is om jongmense betrokke te kry. ACVV is gestig in 1904 wat hulle die oudste welsynsorganisasie in Suid Afrika maak.

Tobi glo ons is op aarde nie om vir onsself te leef, maar vir iets groter as onsself. Daarom sal hy help waar hy kan om hierdie organisasie te na hoër hoogtes te neem, want dis mense wat omgee en n verskil maak.