MY SHOWS

LEARN MORE ABOUT MY SHOWS

TOBI JOOSTE SOLO

Tobi Jooste tree landwyd op as Sanger, seremoniemeester en motiveringspreker.

Hy is beskikbaar vir feeste, modeperades, fondsinsamelings, kerke, skole, troues, en vele meer. Mense is lief om Tobi te bespreek om op te tree as seremoniemeester en as gaskunstenaar omdat hy beide uitstekend kan doen.

Tobi bied verskeie programme aan en kan aanpas van ligte Afrikaanse musiek tot n klassieke vertoning vir funksies wat meer as die gewone soek. Saam met Ilse-Louise doen hulle van Jazz, Swing tot Opera. Hy en Corlea Botha se vertonings word aangebied saam met skoolkore en is maande vooruit bespreek en baie gewild.

Tobi is ook baie gewild in die korporatiewe mark en pas vertonings aan by die tema. Hy't al opgetreë vir van die land se grootste maatskappye soos SANLAM, ABSA, AGRI SA, AFGRI, STANDARDBANK, ens.

Hy is n uitstekende spreker by enige funksie waar hy staaltjies uit sy boek met sy gehoor deel. Die een oomblik is daar nie n droë oog in die gehoor en binne sekondes laat hy hulle kruip op die vloer vir sy skreeu-snaakse-humorsin.

Elke jaar bied Tobi n eksklusiewe aantal Kerssangdienste aan. Dis n ervaring met stories en die mooiste kersmusiek. Meer inligting beskikbaar.

Tobi Jooste kan ook klank en beligting verskaf vir jou funksie.

Bespreek Tobi nou vir jou volgende funksie by bookings@tobijooste.co.za


MEMORIES OF BROADWAY

Tobi Jooste en Corlea Botha deel n passie en liefde vir BROADWAY! Hulle snoer toe kragte saam en die uiteinde is n audio-visuele-ervaring en gehore wat nie genoeg van die twee stemme kan kry nie! Tobi en Corlea bring duette uit die wêreld se grootste teaters na die mense.

n Vertoning wat sommer afskop met THE PHANTOM OF THE OPERA met audio-visuele beeldmateriaal van onder uit die Operahuis in Parys maak dat jy hoendervleis kry van die eerste sekonde wanneer hierdie twee kragstemme vir die eerste keer saam gehoor word. Twee van die land se sterkste stemme, saam! En nie een staan vir die ander terug nie. Hulle bring ou herinneringe terug wanneer hulle oor die berge trek saam met THE SOUND OF MUSIC. Vir die kinders vat ons op n magic carpet ride saam met ALADDIN en vir wat so bietjie langer al leef, neem ons terug tot by Oklahoma! met, Oh What a beautiful morning. Hierdie is n ongelooflike reis deur die wêreld van musiekblyspele gelaai met emosie wanneer EVITA op die peron uitstap en Corlea, Dont cry for me Argentina, vervolmaak tot oomblikke waar die gehoor op hul voete saam dans op ABBA se treffers uit MAMMA MIA!

Al die grootste treffers uit die wêreld se bekendste musiekblyspele, in een aand, met twee van die land se top stemme!

KORE!

Die produksie is aangepas dat H/S en Laerskoolkore die geleentheid kan kry om saam met Tobi en Corlea te kan sing. Uittreksels uit die vertoning se verwerkings is beskikbaar. Indien jy meer wil weet oor hoe jou koor saam met Tobi en Corlea kan sing, kontak ons.


Tobi and Ilse-Louise

Talk, dark and handsome combined with a multi-talented blond means one thing: Magic.

Ilse-Louise Herholdt is a multi talented professional instrumentalist who perform on 7 instruments (flute, piano, sax (soprano, alto and tenor sax), bass guitar, cello, pan flute and harmonica). Ilse-Louise started her career in music by completing her BMUS (received with Cum Laude) specializing in Performance Piano at the University of Pretoria. She received an achievement bursary during every year of her studies at UP and also obtained a Teachers Licentiate at UNISA whilst still completing her BMUS . Ilse-Louise subsequently obtained her Masters Degree in Music specializing in Performance Flute and Composition at WITS. She is currently preparing a proposal for completing her Doctorate in Music through the University of Amsterdam in the Netherlands.

These two are like electricity on stage. Together they are very popular in the corporate enviroment, for weddings, fundraisers, etc. Not just for the wide variety of songs they perform from Jazz, swing to classical music but Tobi charm the ladies while the men are blown away by the way Ilse-Louise blows the Saxophone.

Not just top class performers but also a touch of eye candy. Your guests will want to take them home!